Duin 7
Sowat twee weke gelede sit ek toe mos, deerlik lambeen geklim, bo-op Walvisbaai se kolossale, aardbolbekende, ‘Duin 7’.
Deerlik, dikbek. Omdat my daarwees, in die land van my liefde, met verwoedspoed, in my verkrimpel het. ...Die sand van my vormingsjare. Nogeens. Tot nog ‘n sikluseinde aangehaas gekom het. En .. skerm soos mens wil. ‘Plig !’
Tien keer uit tien, die tydskaal van die Lewenstrofee. Verower.